Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaardes trakteer op spesiale dag

Eenmaal per kwartaal berei die huiskomitee van die Silwerbron-sentrum vir bejaardes in Wesselsbron ’n heerlike ete vir die inwoners voor.

Laat in Junie is die inwoners weer met só ’n ete trakteer, en die nuwe inwoners by die sentrum is ook verwelkom.

Die name van die nuwe inwoners is uitgeroep, hulle is geblinddoek en moes toe ’n “donkie” se stert aan sy lyf vassteek. Laverna Coetzee was die enigste een wat die stert op sy plek vasgesteek het.

Daarna is die inwoners in spanne van vier gedeel. Elkeen het ’n beurt gekry om na ’n geheuebord met verskillende voorwerpe te kyk en binne ’n minuut alles wat hulle onthou het, op papier te skryf.

Die wenspan was Hans Terblanché, Kotie du Toit, Nicolien Bezuidenhout en Marlene Jordaan.

Van die 62 voorwerpe het hulle 29 reg gehad.

“Dankie aan die huiskomitee. Jul tafels was pragtig, soos ook al die eetgoed op die tafels. Die kos was soos gewoonlik van hoogstaande gehalte. Ons het lekker gelag en gesels en ons sien uit na die volgende keer.

“Dankie aan ons kombuispersoneellede wat ook gehelp het,” sê Marlene Jordaan, sentrumbestuurder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.