Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bespreek nou om uit te stal
Kunstefees

Aansoeke vir die Vrystaat Kunstefees-kunstemark het pas geopen en uitstallers is welkom om nou vir uitstalruimte aansoek te doen.

Die fees word volgende jaar van

2 tot 6 Julie gehou.

Atie Kamper, organiseerder van die mark, sê daar is jaarliks tussen 400 en 440 stalletjies op die terrein.

Die fees vra nie toegang per persoon na die terrein nie, net R40 per voertuig per dag of ’n weekkaartjie van R90 per voertuig. Dit moedig mark­gangers aan om die markterrein vele kere in die week te besoek.

Kamper sê hulle is op soek na oorspronklike handgemaakte produkte – verkieslik trots Suid-Afrikaanse produkte.

Op volgende jaar se mark gaan daar ’n spesifieke fokus wees op “groen” produkte en uitstallers gaan ook aandag aan hul verpakkingsmateriaal moet gee.

“Ons wil wegbeweeg van plastiek. Saam met die ander pryse is daar in 2019 ook ’n nuwe prys vir die stalletjie met die beste volhoubare, omgewingsvriendelike produkte of stalletjie.

“Die prys is ’n gratis 3 m x 3 m standaard stalletjie vir 2020.”

Daar is administrasiegeld van R250, wat nie terugbetaalbaar is nie.

Slegs aanlyn-aansoeke sal aanvaar word.

Op www.vrystaatkunstefees.­co.za, klik op “Kunstemark”, dan op “Aanlyn Aansoek 2019” en begin invul.

Kamper sê as die webwerf nie wil oorskakel na die volgende bladsy nie, beteken dit iets is nie reg ingevul nie.

Dit kan ook wees dat die lêer wat aangeheg word, te groot is.

Uitstallers wat belang stel, of probleme ondervind met die invul van die vorm, kan Kamper in kantoorure by 051-404-7811 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.