Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boeremusiekklub nooi almal na volgende opskop

Die Tradisionele Boere­musiekklub van die Goudveld hou binnekort ’n opskop.

Dié geleentheid word vir Saterdag 25 Mei om 18:00 in die saal van die Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad beplan.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes. Leerlinge kry gratis toegang.

Vure sal beskikbaar wees sodat gaste hul eie vleis kan braai. Gaste moet eet- en drinkgoed saambring.

Die Wakis-boereorkes sal vermaak verskaf.

Motorwagte sal die voertuie oppas.

Bel André Burger by 084-598-1022 of Louise Burger by 072-149-8753 om ’n bespreking te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.