Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankie vir eerlikheid

Martie Nieman, Hennenman:

My handsak is op Donderdag 6 Februarie voor Standard bank in Welkom uit my motor gesteel.

Ek was die volgende oggend op pad Welkom toe om al my bankkaarte te stop toe Sumpie van BestMed my bel.

Sumpie sê toe aan my dat een van die skoonmakers wat die papiere in die parkie optel op al my kaarte afgekom het. Sy het die BestMed-kaartjie gesien en het alles vir Sumpie gaan gee.

Sumpie het ongelukkig nie die skoonmaker se naam gevra nie.

Ek wil nou graag deur middel van Vistadankie sê vir die skoonmaker.

Al is ek nou my handsak, duur beursie, notaboek en pen kwyt, is ek dankbaar vir al my kaarte en haar eerlikheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.