Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankie vir puik skole

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Ons hier in die Goudveld is so bevoorreg om puik skole te kan hê.

Skole met baie goeie waardes en standaarde. Alles te danke aan die hoofde en onderwysers en natuurlik die leerlinge wat ‘n geweldige rol speel om van ’n skool een groot sukses te maak.

En ook lojale ouers wat net die beste vir hul kinders wil hê.

Ek wil die Laerskool Naudeville uit my hart uit gelukwens met die optrede in Uitblinkers, ’n program op televisie wat gaan oor skole wat daardie ekstra myl stap om van die leerlinge rolmodelle te maak.

Dit is ’n groot eer, en hierdie skool het homself bewys as leerlinge met talent. Die hele program was boeiend en met grasie aangebied. Bravo, julle pragtige onderwysers en leerlinge. Ons is trots op julle.

Ek het die program vreeslik geniet. My kleinkinders was deel hiervan en ek is baie, baie trots op hulle en ook op al die ander kinders wat so pragtig gesing het.

Die meelewing van die onderwysers het getoon dat hierdie mense met hart en siel in hul beroep is. Vir hulle is dit een vreugde en geen opoffering.

Ek het gelees dat daar aan ’n plan gewerk word waar onderwys, soos mediese en sekuriteitsdienste, as ’n noodsaaklike diens verklaar gaan word.

Ek steun hierdie besluit en ek glo en vertrou dat die implementering daarvan so gou as moontlik sal geskied – dit kan net goeie vrugte afwerp en ek salueer die mense wat hierdie plan gaan bewerkstellig.

Ons kinders is beslis God se edelgesteentes en ek salueer elke onderwyser wat met opregtheid, geduld en liefde ons kinders die regte skoolopvoeding en leiding gee.

Kinders is immers die leiers van môre, en goeie onderrig is die grondslag vir hul toekomstige sukses.

Nelson Mandela het self gesê: “Daar kan geen beter openbaring van ’n samelewing se siel wees as die manier waarop hy sy kinders behandel nie.”

Sal dit nou nie lekker wees as ons hier in die nuwe Suid-Afrika die woorde van Madiba altyd navolg nie.

Die Pre-Primêre Skool Naudeville, dit is jul beurt om die brandende fakkel van nuwe uitdagings, gesonde groei, sukses en voorspoed te dra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.