Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Derby is vir almal

Paul Sauer, skoolhoof van die Goudveld­Hoërskool:

Namens die Goutie-gemeenskap nooi ons alle belangstellendes, oudleerlinge, ouers, besoekers en die hele gemeenskap om die Goud-Gim FNB Classic Clash 2019 saam met ons te geniet.

Dit is vir ons sowaar ’n groot voorreg om die Gimmies in Goutieland te verwelkom.

Dit is ’n dag waar ons gemeenskap weer om ’n gemeenskaplike doel kan saamtrek, naamlik die Derby van 2019.

My wens bly altyd dat ons die opvoedkundige waarde van ’n gestruktureerde buitemuurse program nie moet vergeet nie; dat al twee ons skole nog bevoorreg is om dit as deel van opvoeding te sien.

Ek glo dat hierdie geleentheid in groot sportmanskap, welwillendheid, maar tog gesonde kompetisie, gaan plaasvind.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons ons lojale borge van die 2019-winterseisoen bedank. Sonder julle kan ons nie dié geleenthede vir kinders bied nie.

Die feit dat julle in opvoeding belê is vir ons gemeenskap van groot waarde.

Hiermee ook ’n groot woord van dank aan die ouervereniging en ondersteunersklub wat hard werk om die dag vir ons suksesvol te maak.

To Ngcebo Hlengwa and the staff of FNB Welkom, who annually sponsor the FNB Classic Clashes countrywide, a warm welcome.

As the local representatives of FNB please convey our sincere appreciation and gratitude to your national office.

The mere fact that you afford such opportunities to our children is a testimonial of your willingness to invest in our youth.

Baie welkom aan Johan Slabbert, die Gimmie-personeel, beheerliggaam en elke Gimmie in Goutieland. Kom geniet die dag saam met ons.

’n Groot welkom aan al die reünie-groepe. Kom geniet die dag saam met ons.

Ons leef so in ’n wêreld van mekaar uithaal, afkraak en nie die goeie sien nie.

Daarom is my verwagting vir Derby 2019 dat wanneer ons ons spanne aanmoedig, dit met ’n opbouende gesindheid van ondersteuning en aanmoediging sal wees.

Aan al die Gouties wil ek sê en julle sal weet wat ek bedoel met: “By ons dra elkeen die vlag vir die skool.

“Julle is my vlagdraers, julle is my trots, want elkeen behoort.”

Ons bly altyd lief vir julle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.