Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diereliefde hou seun uit die kattekwaad

“As iemand ’n dier seermaak, kry ek ook seer,” sê Nthako Tlala (12).

Hy het vir die wintervakansie by die Dierebeskermings­vereniging (DBV) in Virginia gewerk.

Anders as die meeste skoolkinders wat luilekker die vakansie geniet het, was Nthako, ’n leerling aan die Laerskool Bedelia in Welkom, douvoordag uit die vere en in die ysige wintersoggende aan om meer oor die versorging van hawelose diere te leer.

Nthako sê hy is baie lief vir diere en het self twee honde, Lady en Snooky, by die huis. Eendag as hy groot is, wil hy ook ’n inspekteur soos Ernest Kakau wees.

Kakau, plaaslike DBV-inspekteur, en Mandela Phakira, ’n veldwerker, het vir Nthako gewys hoe om met kleiner diere te werk.

Dot McLeod, ’n helper by die Virginia-tak, sê Nthako het buite gehelp en een van die klein verwaarloosde hondjies versorg.

mag nog nie in die hondehokke ingaan nie, maar hy help buite en versorg een van die klein hondjies wat erg verwaarloos is.

Nthako het twee keer ’n dag vir dié hondjie sy hondebeskuitjies gegee, en hom met liefde en aandag vertroetel.

Hy het ook gehelp om die terrein netjies te hou, skenkings van weldoeners te ontvang en katte te versorg.

Een van sy take was om ’n skoon kombers by elke hok te sit, waarna een van die volwasse werkers dit in die hok gesit het.

“Hy het teen die einde van die skoolvakansie ’n sertifikaat gekry om te wys dat hy hier gewerk het,” sê McLeod.

Nthako se ouer broer, Michael, het ook tot onlangs as vrywilliger by die DBV gewerk, sê McLeod.

“Dit hou die kinders weg van bendes, en leer hulle om vir diere om te gee,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.