Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Digter het geroer in Afrikaans

Dit is moeilik om in ’n taal anders as jou moedertaal te dig.

Iemand wat hierdie besonderse gawe gehad het, was Elias Mokotjo (80) van Odendaalsrus, wat daarvan gehou het om Afrikaanse poësie te skryf.

En hoe roerend was dit nie wanneer Elias sy gedigte in suiwer Afrikaans voorgedra het.

Vista het in 2016 oor hierdie besondere, en gawe man berig.

Elias was baie lief vir Afrikaans, en was ’n voorstander van die gebruik van dié mooi taal.

Mokotjo is in 1937 op ’n plaas naby Excelsior in die Vrystaat gebore en het daar grootgeword.

Die eienaar van die plaas het hom saam met sy eie kinders in Afrikaans grootgemaak.

Elias het gevolglik byna sy hele opvoeding in Afrikaans ontvang.

Elias het twee digbundels geskryf.

Die eerste een, Die Goudveld blom, bestaan uit sowat 30 gedigte.

Dié het hy in 2009 klaargemaak.

Die tweede digbundel – ook met sowat 30 gedigte – heet Die roos van Odendaalsrus.

Die onderwerpe van sy poësie is alledaagse dinge.

Elias het destyds met trots aan Vista gesê as hy dig, dink hy diep oor die taal.

Elias het by die Virginia-goudmyn en Freddies-goudmyn op Odendaalsrus gewerk.

Hy was ’n lidmaat van die NG kerk op Odendaalsrus.

Elias het op 26 Julie vanjaar skielik siek geword en is oorlede.

Hy word oorleef deur ses seuns, een dogter en sy kleinkinders.

  • Beleef self Elias Mokotjo se digkuns deur na ’n video te kyk waarin Elias sy gedig oor die plaaslike koerant Vista voorlees by http://bit.ly/EliasVista.

Elias het twee digbundels geskryf. Die eerste een, Die Goudveld blom,

bestaan uit sowat

30 gedigte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.