Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ding tuis in ‘Boston’ mee
Louis Massyn in aksie tydens verlede jaar se Rio de Janeiro-marathon wat hy suksesvol voltooi het. Foto: Verskaf

Die gewilde Boston-marathon word vanjaar wêreldwyd as ’n virtuele marathon aangebied.

“Altesaam 30 atlete in Welkom gaan die virtuele Boston-marathon aanpak,” sê Louis Massyn, die organiseerder van dié wedloop in Welkom.

Dit sal Saterdag (12/09) plaasvind.

Altesaam 30 atlete in Welkom gaan die virtuele Boston-marathon aanpak

Atlete sal by die Goudveld-multisportklubhuis wegspring.

’n Halfmarathon (21,1 km) kan ook aangedurf word.

Atlete wat die volle 42,2 km doen, sal die 21,1 km-roete twee keer hardloop. Die roete strek van die klubhuis deur die noordelik voorstede van Welkom en weer terug na die klubhuis.

Sover het slegs ses atlete hulle vir die marathon ingeskryf.

Die res sal aan die halfmarathon deelneem.

Louis Massyn (links) en ds. Gerrie van Dyk van die Bybelgenootskap in Bloemfontein. Die skenkings wat van Welkomse atlete ontvang word, sal ter viering van sy 200ste bestaansjaar aan die Bybelgenootskap gegee word. Foto: Verskaf

Massyn het op eie onkoste medaljes vir die deelnemers laat maak as beloning vir hul deelname.

“Deelname is gratis, hoewel ons van elke deelnemer ’n skenking vir die Bybelgenootskap vra,” sê Massyn.

“Dit is ter viering van die genootskap se 200ste bestaansjaar.”

Atlete wat belang stel of meer inligting oor die virtuele Boston-marathon wil bekom, kan Massyn by 071-460-9536 bel.

  • Massyn is een van Adidas se internasionale ambassadeurs, en sal moontlik weer genooi word om aan ander internasionale marathons deel te neem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.