Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dominee maak penne op eie houtjie

Die handgemaakte skryfpenne en potlode van duursame hout en patroondoppe se uniekheid tref dadelik die oog.

Ds. Lood Oliver (57) se talent eindig nie daarby om mense se lewe persoonlik aan te raak nie – hy skep ook die mooiste penne op die draaibank.

Die besonderse penne word uit duursame hout en patroondoppe gemaak.

Die gogga het hom verlede jaar gebyt toe sy oom, Wynand du Plessis van Stilfontein, aan hom ’n pen wat van hout gemaak is as geskenk gegee het.

“My oom het my gewaarsku, toe ek vir hom sê ek wil ook graag die stokperdjie beoefen, dat dit verslawend is,” sê Oliver.

Toe hy eers sy eerste pen gemaak het, was daar geen omdraaikans nie.

Dit neem ongeveer twee uur om ’n pen te voltooi.

Oliver sê daar is iets magies aan hout, en omdat elke pen verskil, maak dit die skeppingsproses opwindend. Dit is vir hom heerlik om met verskillende houtsoorte te werk.

Sy gunsteling-houtsoorte is olienhout en kiaathout. Volgens hom maak dit die mooiste penne en die hout vertel sy eie storie, reken hy.

Die hout word gesaag en geboor en op ’n draaibank geskuur.

Dit word met ’n spesiale politoer afgerond, voordat die penne of potlode aan­mekaar gesit word vir die eindproduk.

Die pragstukke word maandeliks op die Welkom-vlooimark uitgestal en van sy ander voorraad word by die Davidsburg-slaghuis aangehou.

Die prys van die penne wissel van R200 tot R500, afhangende van die soort pen en die hout waarvan dit gemaak is.

Dié oud-Pretorianer is al 32 jaar met Deidre getroud, wat ook al ’n pen op die draaibank gemaak het.

Die egpaar spog met drie seuns en een kleindogter.

Oliver woon vir die af­gelope ses jaar in Welkom en is by die NG kerk Dagbreek betrokke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.