Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Draf sal hulle draf
  • Inperking of nie, sy het gedraf
  • Sy altesaam 143 km om haar huis gehardloop

Estelle Henrico (55) saam met Maya, die familie se nege maande oue pekinees. Foto: Verskaf

Vir die 55-jarige Estelle Henrico van Welkom het die staat van inperking nie beteken sy moes ophou draf en oefen nie.

Op vlak 5 het sy altesaam 143 km om haar huis gehardloop.

Op vlak 5 het sy altesaam 143 km om haar huis gehardloop.

Haar langste wedloop in dié tyd was 21,1 km, wat sy om die huis gehardloop het.

Op dié stadium het sy al altesaam 480 km tydens die inperking gedraf.

Twee jaar gelede het die drafgogga Estelle gebyt en het sy besluit om haar by die Harmony Striders aan te sluit.

Sy glo om fiks te bly, is gesond vir liggaam en gees, en sy het tydens inperking aan verskeie wedlope en uitdagings deelgeneem.

Dit het sy gedoen omdat sy geweier het om haar fokus te verloor.

Tydens die inperkingstyd het Estelle die volgende uitdagings suksesvol voltooi:

  • Mzansi-marathon-inperkingsuitdaging (42,2 km);
  • die tweede Mzansi-marathon-inperkingsuitdaging (42,2 km);
  • die Halo Jane-wedloop (42,2 km);
  • haar eie virtuele Twee Oseane-wedloop (21,1 km);
  • die Ultra Race Romania-wedloop (10 km);
  • die Race the Comrades Legends-wedloop (45 km;)
  • die Lion Roars- virtuele wedloope (12 km);
  • die Knysnawoud- virtuele wedloop (10 km); en
  • die 777 Lions- virtuele wedloop (21,1 km)

Intussen het sy hard gewerk om haarself voor te berei vir haar eerste Twee Oseane-wedloop (21,1 km).

Estelle geniet die sport terdeë. Dit hou haar kop skoon en boonop leer ken sy nuwe mense, sê sy.

Haar dogter, Michelle Venter, en die gesin se viervoetige kind, Maya, het oor drie maande aan die Doggie Dash-wedloop (5 km) deelgeneem. Wanneer die uitdaging voltooi is, sal Maya die nege maande oue pekinees ook ’n medalje verwerf.

Estelle en Maya oefen elke dag. Hulle drafstap en hulle beste tyd vir 1 km is 5:20 min.

“Maya geniet die uitstappie vreeslik baie en ek sukkel soms om by te hou.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.