Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie vir harde werk beloon

Lodewyk Fourie (18), een van ’n Welkomse drieling, het agt onderskeidings in die 2018-matriek­eindeksamen behaal.

Hy was ’n leerling aan die St. Andrew-skool in Bloemfontein.

Sy twee sussies Lielie en Ansa, wat aan die Eunice High School gematrikuleer het, het onderskeidelik ses en vyf onderskeidings behaal.

Die drie slimkoppe het ’n gesamentlike 19 onderskeidings losgeslaan.

Hulle is die kinders van dr. Lode Fourie, ’n gine­koloog van Welkom, en dr. Tien de Wet, ’n algemene praktisyn van dié dorp.

Lodewyk, wat vanjaar medies gaan studeer, het gehoop vir agt onder­skeidings.

“Ek het hard gewerk en hard gehoop, maar het ’n bietjie getwyfel oor rekeningkunde, want ek het gesukkel daarmee. Wiskunde en fisiese wetenskap was my gunstelingvakke,” sê Lodewyk.

Hy het onderskeidings in Engels (huistaal), Afrikaans (eerste addisionele taal), fisiese wetenskap, drama, lewens­oriëntering lewens­wetenskap (biologie), rekeningkunde en wiskunde behaal.

Volgens Lodewyk gaan hy moontlik saam met Lielie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Hy wag nog op terugvoering van ander universiteite.

Lodewyk is die enigste van die drie wat in hul ouers se voetspore volg.

Lielie beplan om argitektuur te studeer terwyl Ansa ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg gaan studeer.

Volgens Lielie is “dit regtig lekker” om deel te wees van ’n drieling.

“Jy het altyd ’n maatjie. Ons is nie mededingend nie, maar moedig mekaar altyd aan. Ek en my sussie is beste vriende, so ek gaan haar mis, maar dit (die weg wees van mekaar) maak ons sterker,” sê sy.

Lodewyk het vir die skool se tweede span hokkie en krieket gespeel en was ’n hoofprefek in die koshuis en onderhoofsanger in die skoolkoor.

“Ek was slegs twee jaar in die skool in Bloemfontein en moes nuwe vriende maak. Die onderwysers het my baie ondersteun en dit het gevoel asof hulle altyd aan ’n mens se kant is. Ek het goeie vriende gemaak,” sê Lodewyk.

Die resep vir sy sukses is wat sy pa hulle altyd geleer het: Werk nou hard, die beloning kom daarna.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.