Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egpaar ’n wenspan wat skenking betref
Die Nel-egpaar van Riebeeckstad is Vrydag (05/10) op ’n spoggeleentheid by Diggers Inn Welkom deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vereer vir hul bydrae. Die twee het gesamentlik 530 eenhede bloed geskenk, waarmee hulle 1?590 mense kon help. Van links is Alta Pienaar (skakelbeampte van die SANBD in die Goudveldstreek), Hester Nel, Gert Nel en Paul Goetham (nuwe sonebestuurder van die SANBD).

’n Egpaar van Riebeeckstad het ’n rekord opgestel toe hulle gesamentlik ’n merkwaardige aantal een­hede bloed geskenk het.

Gert Nel (66) en sy vrou, Hester (67), kon deur 530 eenhede te skenk, 1 590 mense se lewe red.

Die egpaar is Vrydag (05/10) deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vereer vir hul lewenslange en getroue bydrae.

Gert het die Karl Land­steiner- goue medalje vir 300 eenhede en Hester die Paul Ehrlich-medalje vir 225 eenhede ontvang.

Sy het egter reeds 230 eenhede geskenk, en was ook die eerste vrou in die Goudveld se geskiedenis wat 200 eenhede geskenk het.

Gert het in 1970 op die ouderdom 18 jaar begin bloed skenk en Hester in 1967 toe sy 16 jaar oud was. Hulle het mekaar in 1972 ontmoet en is in 1974 getroud.

Dit is hul passie om ’n verskil in ander se lewe te maak en om bloed te skenk het dié passie vervul.

Die egpaar is 44 jaar getroud en het drie kinders. Hulle twee seuns is ook ywerige bloedskenkers. Hul oudste seun, Gerrie (45), het al 90 eenhede geskenk en die jongste seun, Mauritz (37), 52 eenhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.