Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egpaar vier 50 goue jare

“Die wenresep vir ’n lang en gelukkige huwelik is beslis baie liefde en natuurlik wedersydse respek.”

Só sê Allie Venter (75) van die Goudveld wat saam met sy vrou, Yvonne (71), hul 50ste huweliksherdenking op Vrydag 4 Oktober gevier het.

Allie en Yvonne Venter van Riebeeckstad het dié mylpaal saam met familie en vriende gevier.

Jan Albert Venter het as vierjarige in 1948 saam met sy ouers hulle in Welkom kom gevestig. Hy het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Rheederspark begin en aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) voltooi.

Ná skool het hy by die Western Holdings-myn begin werk, maar het kort daarna by die polisie aangesluit en het as inspekteur gewerk. Hy het later weer teruggekeer na die mynbedryf waar hy in 2003 afgetree het

Yvonne Gow (nèe) Venter is ’n Engelse boerenooi van Elliot en het saam met haar gesin in die vroeë 1960’s hulle in Virginia gevestig.

Sy het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Hentie Cilliers voltooi en ná skool by die telefoonsentrale in Welkom gewerk.

Dit is daar waar die egpaar ontmoet het. Die liefde het geblom en die twee is op 4 Oktober 1969 in die Metodiste kerk Welkom getroud.

Hulle woon sedertdien in die Goudveld. Hulle het in Virginia gebly waar hulle die troeteldierwinkel Pet’s Corner oorkant die munisipaliteit besit het en het later na Riebeeckstad verhuis.

Allie en Yvonne het ook ’n passie vir Amerikaanse saalperde en was vir etlike jare saam met hul kinders daarby betrokke. Hulle het self met die perde geskou en het in een stadium agt saalperde op stal gehad.

Die egpaar is ook nou betrokke by die Baptiste-kerk Welkom.

Allie bring ook gereeld die boodskap aan inwoners van die Nyala-tehuis in Welkom.

Die egpaar het drie dogters, agt kleinkinders, twee agterkleinkinders en nog ’n kleinkind is op pad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.