Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eienaar van gastehuis fnuik inbetalingsbedrog

’n Eienaar van ’n gastehuis in Welkom het snuf in die neus gekry en só verhoed dat sy bykans R40 000 in ’n bedrogspul verloor het.

’n Man het haar gebel en voorgegee dat R39 250 foutiewelik in haar bankrekening betaal is.

Hy het selfs ’n bewys van betaling gestuur en haar versoek om die geld so gou as moontlik aan hom terug te betaal.

Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, sê sy het onraad vermoed omdat sy nie ’n SMS van haar bank, wat ’n inbetaling bevestig, gekry het nie.

Sy het die bank gebel en vasgestel daar is wel ’n tjek inbetaal.

’n Wagperiode van tien dae geld egter vir tjeks voordat die geld beskikbaar is.

“Die man, ene John Langa, het my op 29 Maart om 16:31 gebel en vir van sy werkers van 10 tot 12 April verblyf bespreek. Ek het ’n faktuur aan hom gestuur en vir ’n bewys van betaling vir R3 150 gevra alvorens die bespreking bevestig sal word.”

Die vrou sê die volgende dag het hy om 09:46 gebel en gesê sy rekenmeester het ’n fout begaan en R39 250 in haar rekening inbetaal.

Hy het gevra sy moet die geld aan hom terugbetaal en gesê sy moet die verblyf­betaling van R3 150 plus R60 vir bankkostes aftrek en die res aan hom terugbetaal.

“Ek het aan hom gesê ek het geen SMS van my bank ontvang dat daar geld in my rekening inbetaal is nie, en dat ek eers sal wag totdat die SMS deurkom voordat ek enige terugbetaling sou doen."

Haar bank het gesê omdat daar ’n tjek van R39 250 in haar rekening inbetaal is en nie ’n elektroniese oorbetaling nie, die man van sy kant af die tjek moet stop of kanselleer.

Sy het die man twee keer daarna probeer bel, maar elke keer het hy die verbinding verbreek.

Hierna was sy stempos aan en nog later was sy foon afgeskakel.

Die vrou het verskeie ander gastehuise gewaarsku om nie in só ’n strik te trap nie.

Kapt. Stephen Thakeng van die polisie sê verskeie soortgelyke gevalle is by die polisie aangemeld.

Hy waarsku mense teen dié bedrogspul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.