SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Ek sal houer kry – as Matjhabeng betaal

JC Erasmus, Splash Karwas, Mcleanstraat 107, Riebeeckstad:

Suid-Afrika se werkloosheidkoers is die hoogste in menseheugenis en pres. Cyril Ramaphosa en die regering moedig entrepreneurskap aan en vra sakelui om werk te skep.

Ons is ’n klein besigheid wat werk skep en voldoen aan alle regeringsvoorskrifte. Ons betaal stiptelik elke maand ons diensterekening aan Matjhabeng. Maar Matjhabeng se bankrot munisipaliteit bied zero vir ons.

Vullisverwydering is ’n noodsaaklike diens, nie net vir inwoners nie, maar ook vir die omgewing wat in ’n ashoop verander het.

Sondag (24/11), na ’n afwesigheid van drie weke, daag die vullisverwyderaars by ons besigheid op. En hulle weier om die sakke te laai, want ons moet eers ’n vullis-houer (skip) kry.

Die afgelope jaar het ons maande lank private mense gekry om vullis te verwyder en persoonlik daarvoor betaal. Dit is baie geld om te betaal – geld wat aangewend kon word om die einde van die jaar ’n eksta bonus aan werkers te betaal.

Om private vullishouers in Welkom te kry, kos R450 per week – en dan moet ’n mens nog vir vullisverwydering deur Matjhabeng ook betaal?

’n Houer sal ek kry, maar dan gaan ek nie meer vir vullisverwydering betaal nie, behalwe as die munisipaliteit die houer verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.