Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Erge koue dalk rede vir dood van twee haweloses

Twee hawelose mense is Dinsdagoggend (03/07) dood in Virginia aangetref.

Die erge koue weer van die laaste tyd kon ’n rol in die dood van dié twee mense gespeel het, maar lykskouings moet nog gehou word om die oorsaak van hul dood vas te stel.

Kapt. Malebo Khosana, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie is Dinsdag omstreeks 07:00 na die parkeerterrein by die Standard Bank op dié dorp ontbied en ’n vrou is op die toneel dood verklaar.

’n Uur later is die polisie na Gold Acrestraat ontbied. ’n Man van sowat 50 jaar oud het op die sypaadjie naby die M&S Taverne gelê.

Khosana sê die man het geen sigbare beserings nie en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Minimum temperature van -8 °C is in Virginia gemeet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.