Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie vind berusting in opsporing

Die laaste bietjie hoop dat haar pa dalk nog lewe, is weg nadat sy oorskot Dinsdag (27/08) opgegrawe is, het Belinda Ferreira, dogter van die vermoorde Karl Reich (82), gesê.

Volgens haar was dit ’n emosionele dag omdat sy nog aan dié hoop vasgeklou het. Ferreira het gesê die familie kan ten minste nou berusting vind in die feit dat sy oorskot opgespoor is.

Reich se oorskot is Dinsdag kort ná die opgrawing in ’n noodverassing in Viljoenskroon veras. Familie en vriende beplan voorlopig om op Vrydag 13 September ’n roudiens in die Katolieke kerk in Welkom te hou.

Die oorskot van Reich (82) van Welkom is in Pretoria opgegrawe, meer as 11 maande ná sy moord en verdwyning. Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die Valke, die Tshwane-metro, werknemers van die gesondheidsdepartement en ’n begrafnisondernemer het die opgrawing in die Lotus Garden-begraafplaas bygewoon. Steyn sê die Valke hoop Reich se naasbestaandes kry berusting wanneer hulle nou van hom kan afskeid neem.

Reich is op 24 September 2018 in sy huis in Volksweg, Welkom, vermoor. Sy moordenaars het sy lyk buite Pretoria uit een van sy voertuie, wat hulle geroof het, gegooi. ’n Kontrakwerker van die Tshwane-metro het reeds die volgende dag op die lyk afgekom en dit by die polisie aangemeld. Die polisie in Pretoria het nie die lyk met Reich in Welkom se verdwyning verbind nie en hy is as armlastige begrawe.

Die Valke het in Mei vanjaar die ondersoek by Welkom se speurtak oorgeneem. Thanki Motseki (27) en nog ’n man, Mojalefa Tseki (34), het in Junie vanjaar op aanklag van roof en moord in die hof verskyn. Hulle het sekere uitwysings aan die Valke gedoen wat daartoe gelei het dat Reich se oorskot opgespoor is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.