Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees bied pittige wedloop aan
06 September 2018

Die Louis Massyn-mieliepapfeeswedloop word Saterdag (08/09) as deel van die jaarlikse Mieliepapfees in Ventersburg aangebied.

Dié wedloop is deur Atletiek Suid-Afrika goedgekeur.

Atlete kan aan ’n 10 km-wedloop (R80 per inskrywing) of ’n 5 km-wedloop (R40 per inskrywing) deelneem.

Deelnemers aan die 10 km-wedloop spring om 06:30 weg, en die 5 km-wedloop begin om 07:00.

Die fees bied opwinding en aktiwiteite vir oud en jonk aan, en 20 verskillende mieliepap­geregte sal onder meer by ’n stalletjie bedien wordkom loer in en smul aan die heerlike geregte.

Verskeie kompetisies is in aanloop tot die fees gehou, en die wenners sal Saterdag aangekondig word.

Vir meer inligting oor die wed­lope, bel Keith Rhode by 082-882-9496.

  • Nes elke ander Saterdag sal Ventersburg se park­run steeds om 08:00 plaasvind.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.