Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees fokus op topvermaak vir almal

Die Makiti-kontreifees, aan die einde van Augustus, gaan vanjaar weer eens op topvermaak fokus.

Gehaltekunstenaars gaan deurlopend op die opelug-verhoog optree.

Op Vrydag 31 Augustus word ’n program, “Oudword met grasie”, vir bejaardes aangebied.

’n Praatjie oor brandveiligheid word ook aangebied.

Clarise en die Reënboogkidz, asook Jennifer Zamudio, gaan vir die kleinspan optree.

Op Saterdag 1 September tree onder andere die Ventertjies, Manie Jackson, Wouter van der Venter, Jay, Snotkop, Donnalee Roberts en Ivan Botha op.

Vista en GoldFM is die mediaborge van vanjaar se fees.

Toegang kos R20 vir leerlinge en R30 vir volwassenes.

“Maak ’n draai op ons Facebook-blad vir inskryfvorms en laai die Ubiz-app af vir meer inligting oor ons fees,” sê Christel van der Vyver van die Amari-skool.

Die sluitingsdatums vir talle inskrywings is om die draai. Van der Vyver sê dat belangstellendes, deur die mediaborge te volg, ’n kans het om ’n gunstelingkunstenaar te ontmoet.

“Daar wag ’n hele paar verrassings in die vorm van vermaak en besoekers tydens die fees. Die pakketpryse vir die naweek is R250 per volwassene en R170 per leerling.

“Jy mag nie die grootste fees in die Goudveld misloop nie,” sê Van der Vyver.

Rig navrae per e-pos aan amari@ internext.­co.za, of bel die skool by 057-352-8423.

Die skoolhoof, Philip Scott, kan ook by 084-029-5144 gebel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.