Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Flamingo Drukkers presteer al 58 jaar

Vir 58 jaar al is Flamingo Drukkers se naam sinoniem met dié van die Goudveld.

Wanneer jy aan skryfbehoeftes en drukwerk dink, is dit die eerste naam wat dadelik by jou opkom.

Dié indrukwekkende onderneming het op 7 Junie 1961 vir die eerste keer sy deure geopen toe Peet en Dora Erasmus, wat albei drukkersbloed in hul are gehad het, die onderneming in Welkom begin het. Die egpaar het met hul twee seuns, Pedro en Roelf, van Despatch in die Oos-Kaap na Welkom verhuis in die hoop om hier ’n nuwe begin te maak. Dié droom is suksesvol gerealiseer.

Flamingo Printers, wat destyds as The Times bekend gestaan het, het met slegs ses personeellede begin en spog vandag met 52 personeellede.

In 1993 het Peet en Dora die leisels aan hul twee seuns, Pedro en Roelf, oorgegee wat toe reeds die bedrywighede van die onderneming uitgebrei het.

In Februarie vanjaar het hulle verder uitgebrei en die moderne Flamingo Digital Solutions geopen.

Vandag is Pedro reeds afgetree en is die derde geslag tans saam met Roelf aan die stuur. Pedrie en Roelf (Pedro se seuns), asook Roelf en Roelf se twee seuns, Petrus en Bennie, is almal by onderneming betrokke.

Die gedugte span saam met hul personeel huiwer nie om hard te werk nie en is dankbaar vir die jare se seëninge van Bo. Die waardes van die onderneming is op geloof gebaseer.

Flamingo Drukkers waarborg uitnemende vakmanskap met uitstekende dienslewering aan huidige en voornemende kliënte.

Dit is ankers soos Flamingo Printers waarop die Goudveld trots is en wat ongeag die ekonomiese omstandighede steeds staande bly en selfs vernuwe en uitbrei.

Die onderneming se diens is tans beskikbaar aan die hele Vrystaat, Noordwes en Gauteng.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.