Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fokus lei tot sukses

Laurika Griessel (40), ’n liggaamsbouer van Bothaville, het een van haar drome bewaarheid toe sy aan die Gentle Giants Classics-liggaamsboukompetisie deelgeneem het.

Dit was haar eerste groot kompetisie.

Ongeveer 350 deelnemers van oor Suid-Afrika heen het aan dié gesogte kompetisie op 27 Oktober in Boksburg deelgeneem.

Dit was Laurika se eerste kompetisie van die Internasionale Federasie vir Liggaamsbou (IFBB) waaraan sy deelgeneem het en sy was sesde in haar kategorie.

Laurika is trots op haar prestasie omdat haar mededingers gesoute kompetisie-deelnemers was.

Tydens die kompetisie is sy uitgenooi om in Mei aan die Arnold Classics-liggaamsboukompetisie deel te neem.

Om liggaamsbou as ’n sport te beoefen was aan die begin vir Laurika ’n uitdaging. Vroeër het sy gesondheidsprobleme gehad en hoe meer en harder sy geoefen het, hoe meer het haar gesondheid verbeter.

Sy beoefen nou al vir drie jaar dié sport. Sy is ook ’n voltydse instrukteur by die Bothaville-gemeenskapsgimnasium.

“Dit is vir my lekker om te sien hoe jou liggaam sterker en fikser word.

“Die verandering van jou liggaam is die beste deel van die sport,” sê sy.

Hoewel die sport 24-uur per dag se toewyding en dissipline vereis, is die 12-weke se voorbereiding voor kompetisies vir Laurika die grootste uitdaging.

Liggaamsbouers se leefstyl sluit ’n streng dieet, ’n gedissiplineerde oefenprogram en ’n beperkte sosiale lewe in sodat hulle gefokus bly.

Sy was bevoorreg om persoonlike afrigting by Lenelle le Roux, bekend in liggaamsbou-kringe, te ontvang.

Dié ma van twee tienerseuns is met Corrie Griessel getroud. Sy reken haar familie is haar grootste ondersteuners en dat hulle haar altyd motiveer om haar beste te lewer.

Sy en haar hele gesin is aktief. Haar man oefen daagliks in die gimnasium en albei haar seuns is uitstekende sportmanne.

Lorenco (17) speel goed rugby en is ’n uitstekende atleet.

Corleo (19) doen hokgevegte en ook gemengde gevegskuns.

Laurika sal Saterdag 8 Desember aan die Summer Bodies-liggaamsboukompetisie in Johannesburg deelneem.

Dit is haar droom om Protea-kleure te verwerf en om Suid-Afrika in die buiteland te verteenwoordig.

Die verandering van jou liggaam is die beste deel van die sport. – Laurika Griessel

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.