Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fokus lei tot sukses

’n Kranige swemmer van Welkom het vanjaar sy eerste Midmar-myl-oopwaterbyeenkoms suksesvol voltooi.

Jayden Nel (16), ’n gr. 11-leerling aan Welkom-Gimnasium, was 71ste uit die 1 235 mans met ’n tyd van 24.36.

Dié byeenkoms het Sondag (09/02) plaasgevind.

Op die nasionale skoleswemkampioenskapsbyeenkoms wat in Desember in Pretoria aangebied is, het hy ’n goue medalje in die 100 m-vlinderslag, 50 m-vlinderslag, 50 m-vryslag, 100 m-vryslag en die 200 m- individuele wisselslag verwerf.

Hy het ook die 100 m-vryslagrekord van 55.89 tot 54.89 verbeter.

Hy het verlede jaar aan die senior nasionale swemkampioenskapsbyeenkoms in Durban deelgeneem, waar hy teen professionele swemmers soos Chad le Clos meegeding het.

Jayden het as tienjarige begin swem en is al die afgelope ses jaar ’n lid van die Welkom Aquatics-swemklub.

Ter voorbereiding vir die Midmar-myl het hy sy gewone oefenprogram – soos deur sy afrigter, Christo Jansen, uitgewerk – gevolg.

Die program sluit ook langer swem-afstande in. Hy oefen Maandae tot Donderdae twee en ’n half tot drie uur lank.

Hy swem ook daagliks om 05:00 saam met sy pa, Chris Nel.

“Dit is my droom om eendag aan die Olimpiese spele deel te neem. Ná my Midmar-ervaring hoop ek om vir die nasionale oopwaterswemspan te kwalifiseer,” sê Jayden.

Wanneer sy oefenprogram dit toelaat, neem hy ook aan tweekamp deel. Hy het in 2017 en 2019 op nasionale tweekamp-byeenkomste meegeding.

“Hy volg ’n proteïen-dieet met baie groente, waaroor hy nie baie gaande is nie. Ek moet hom soms dwing om dit te eet,” sê ma Rika Nel.

Chris en Rika is gereeld langs die swembad – en is beslis Jayden se grootste ondersteuners.

“Ek geniet swem omdat dit ’n eenmansport is en ek teen myself meeding. Boonop is ek op my gelukkigste wanneer ek in die water is. Dit help om beter te fokus,” sê hy.

Dié sportsoort verg baie dissipline, fokus en harde werk, maar dit bly vir Jayden heerlik om sy passie uit te leef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.