Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fondse daar vir instandhouding
Daar is genoeg geld vir instandhouding
Daar is genoeg geld vir instandhouding
Die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit is ’n toonbeeld van swak infrastruktuurinstandhouding en inwoners ly weens die swak munisipale bestuur.
Só sê Susan Taljaard, VF Plus-raadslid van die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit. Die dorpe wat onder dié munisipaliteit val, is Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom.
Hoewel die munisipaliteit in die vorige finansiële jaar sowat R150 miljoen aan waterlekkasies verloor het, het die munisipale owerheid in dieselfde jaar slegs 20% van sy beskikbare infrastruktuurfondse bestee.
“Beskikbare fondse vir herstelwerk is dus eenvoudig nie gebruik nie,” sê Taljaard.
Die VF Plus het ’n aanlyn-griefskrif (https://vfplus.nationbuilder.com/petisie_maakmatjhabengreg) teen hierdie swak dienslewering begin.
“Vuisvoos belastingbetalers in Matjhabeng verdien ’n munisipaliteit wat basiese dienste lewer en kritiese infrastruktuur in stand hou,” sê sy.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.