Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gebore met ’n passie vir kinders
  • Sutherland (Oom Tjaart vir sy kollegas) is sedert 1961 verbonde aan die skool
  • Hy is vir jare al ’n kranige sportman
  • Sutherland het tydens die inperkingstyd glad nie stilgesit nie
Tjaart Sutherland (83), volbloed onderwyser van die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus, se leuse is ‘ouderdom is ’n bysaak, die oordrag van kennis is hoofsaak’. Foto: Verskaf

Ouderdom is ’n bysaak, die oordrag van kennis is die hoofsaak”.

Dit is die leuse van Tjaart Sutherland (83), volbloed onderwyser aan die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus.

Sutherland (Oom Tjaart vir sy kollegas) is sedert 1961 verbonde aan die skool en is bevoorreg om vir sy vrou, Martie, twee dogters en vier kleinkinders te kon skoolhou.

Ouderdom is ’n bysaak, die oordrag van kennis is die hoofsaak

Hy is vir jare al ’n kranige sportman en rig steeds middel- en langafstande af. Hy was voorheen ook betrokke by tennis, netbal en rugby.

Oom Tjaart is baie teleurgesteld oor die sport en ander buitemuurs wat vir die res van die jaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moes word. Hy is tans verantwoordelik vir geografie gr. 10 tot gr. 12 en sosiale wetenskappe gr. 9 by die skool.

Sutherland het tydens die inperkingstyd glad nie stilgesit nie en sy leerlinge is almal van die werk voorsien deur middel van Whats­App, wat aktiwiteite en moontlike eksamenvrae ingesluit het. Hy het ook sy eie notas gemaak wat aan leerlinge gegee word om die werk te vergemaklik.

Martie Lombard, die skoolhoof van Wessel Maree, beskryf Sutherland as ’n werklike voorbeeld en inspirasie. “Hy het ’n ongekende passie vir die onderwys. Hy spring oor vakansies in en werk op die terrein sonder dat iemand hom vra. Hy is elke oggend getrou op sy pos en skroom nooit om leerlinge te help nie,” sê Lombard.

Met die leerlinge wat op 8 Junie begin terugkeer het, sal hy met sy roeping voortgaan en alles in sy vermoë doen om die leerlinge voor te berei vir die eindeksamen. “Hulle is per slot van sake nes sy eie kinders vir hom,” sê Lombard.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.