Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geestelike verwonding belig

’n Kursus oor vader- en moederwonde word op 25 Augustus deur prof. Wentzel Coetzer by die Erfdeel-gemeente in Riebeeckstad aangebied.

“Pyn uit die verlede in ons verhoudings met ons vaders is dikwels die oorsaak dat Christene met ’n verdraaide Godsbeeld worstel,” sê Rina van Heerden van die Erfdeel-gemeente.

“Hulle vind dit gevolglik baie moeilik om God die Vader intiem en naby te ervaar.

“Om ’n gesonde beeld van Hom te kan ervaar, sal ons eers ontslae moet raak van al die gebroke vader-filters wat die meeste van ons in die volwasse lewe met ons saamgedra het.”

Die kursus sal veral fokus op die deurslaggewende rol van die vader, geestelike en emosionele vaderskap, emosionele vrylating uit geestelike tronke en die gesonde herbouing van die vaderverhouding.

Wat moederwonde betref, val die klem op die moeder se emosionele verwonding sedert kinderjare, dikwels in verhouding met haar eie emosioneel-verwonde moeder.

“Dit word die emosionele bagasie wat sy later in haar huwelik saam met haar dra, en dit word uiteindelik na haar kinders oorgedra.

“Die tipiese simptome van die moederwond gaan uitgelig word, en riglyne vir die genesing daarvan word bespreek.”

Die kursus kos R250 per persoon, R350 vir egpare en R150 vir studente. Handleidings kos R160.

Bel Bertie Ferreira by 082-444-8269.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.