Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde apteker ná siekte oorlede
Cas Badenhorst
Cas Badenhorst

Cas Badenhorst (71), een van die mees bekende aptekers van Welkom, is Maandag (08/10) in Bloemfontein oorlede.

Badenhorst, van die Bedelia-apteek, was vir die afgelope sewe weke baie siek en het sy moedige stryd in die Mediclinic Bloemfontein verloor.

Hy het ’n inwendige wond gehad wat nie wou gesond word nie.

Medelye het van oraloor ingestroom en sy kliënte het op Facebook sy lof besing.

Hy is as ’n hardwerkende man en uitstekende apteker beskryf.

Badenhorst het ’n ongelooflike kennis oor talle onderwerpe gehad en kon met baie wysheid raad aan sy kliënte bied.

Sy kennis van medisyne, siektes en selfs dierekwale was alombekend, en hy het nooit geskroom om iemand wat vir raad aanklop te help nie.

Badenhorst is in Middelburg in Mpumalanga gebore en het daar sy laerskoolloopbaan voltooi.

Sy hoërskoolloopbaan het hy aan Grey-kollege in Bloemfontein voltooi.

Hy het daarna aptekerswese aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die Noord-Wes-Universiteit) studeer.

Badenhorst het in 1971 sy apteek in Bedelia begin, waar hy dit die afgelope 47 jaar bedryf het

Hy het ’n geweldige liefde vir die land se geskiedenis en oorsprong gehad. Daarby was hy geseënd met ’n wye algemene kennis en kon oor enige onderwerp gesels.

Badenhorst was gaande daaroor om op sy plaas buite Welkom te wees en was ook ’n natuurmens.

Hy en sy seuns het een maal per jaar by die mees eksotiese visvangplekke in Afrika gaan visvang.

Boonop het Badenhorst melk van sy eie melkery in ’n winkeltjie in dieselfde kompleks waar sy apteek is, verkoop.

Hoewel nie een van sy kinders aptekers geword het nie, het sy een dogter, Nicola, saam met hom in die apteek gewerk.

“Dit was Cas se wens dat ons as familie so normaal moontlik ná sy afsterwe moet voortgaan en voluit moet lewe soos hy dit gedoen het,” sê sy vrou, Catherine.

Badenhorst se roudiens word Maandag (15/10) om 11:00 in die NG kerk Bedelia in Welkom gehou.

Hy word deur Catherine, sy seuns, John en Brian, en sy dogters, Tracy, Nicola, Karen en Lyndall, asook tien kleinkinders oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.