Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap verenig

Die gesamentlike kerkgroep, Church in Action (CIA), wat vroeër vanjaar in Welkom geloods is, is dit eensgesind dat deur die goeie te doen, die slegte oorwin kan word.

Meer as 200 Welkomiete het hierdie week met dié spesifieke doel voor oë in dié stad bymekaargekom.

Saterdag (07/03) het die CIA, ’n groep mense van verskillende denominasies, kulture, tale, ouderdomme en geslagte, in die strate van Doorn en in die middedorp by Arraratweg ontmoet

Lidmate van al die kerke in dié stad het saamgewerk om slaggate reg te maak, en veral die woonbuurt Doorn skoon te maak. Hulle het dit gedoen terwyl hulle vir almal in Ma­tjhabeng gebid het.

“Deur hierdie aksie glo ons dat mense wat vroeër selfs vyandig teenoor mekaar was, nou bymekaargebring is om mekaar nie net in liefde te aanvaar nie, maar ook om saam ’n positiewe verskil in ons dorp te maak.

“Ons begin leer dat ons ’n nuwe dorp met gesonde verhoudings kan wees. Ons sien dat wanneer ons waarlik saam hande vat, ons ’n gemeenskap van liefde en omgee bevorder. Ons glo dat dit almal in ons gemeenskap tot ’n nuwe gesindheid inspireer.

“Ons glo dat die gebede wat ons saam vir ons dorp en al sy mense bid, beantwoord sal word op maniere en in plekke en mense, verder as wat ons kan bid of vra,” sê ds. Ben Joubert van die CIA.

“Hierdie is ’n geskiedkundige oomblik. Dit is die eerste keer in hierdie stad se geskiedenis dat so ’n verenigde kerkfront in die vorm van die CIA, tot stand gekom het,” sê Joubert.

Die volgende byeenkoms van die CIA sal op die eerste Saterdag in April vanaf 07:00 tot 10:00 in Welkom plaasvind.

Daar moet nog op ’n bymekaarkompunt besluit word.

Vir meer inligting kan plaaslike kerkleiers genader word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.