Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesin sien lewe in puin
  • Dit is nou asof die Here ons met hierdie vuur verlos het
  • Die brand is deur ’n kort­sluiting veroorsaak
  •  "Net 'n  kwessie van tyd en my ma sou deur die vlamme oorweldig word
  • Dit is die Here se wil dat hulle nou ’n nuwe lewe kan bou

Nathan Rainbird Webb (12) wys die slot wat hy oopgeruk het om sy ma, Kathy, te red toe hul huis in ’n verwoestende brand vernietig is. Kathy was in dié klein ruimte agter die geslote traliehek vasgekeer. Op die inlasfoto kan gesien word die slot is nie oopgesluit nie, maar Nathan het dit oopgeruk. Foto: Marti Will

“Die Here het ’n plan, en uit die verwoesting en die as gaan ons met ’n nuwe lewe begin. Daar het hierdie afgelope twee jaar soveel slegte goed met ons gebeur, en dit is nou asof die Here ons met hierdie vuur verlos het.”

My bed het reeds gebrand en my hare ook

Só sê Kathy Rainbird Webb (50) terwyl sy na die verwoesting om haar en dít wat van haar praghuis in Riebeeckstad oorgebly het, kyk.

“Ná twee jaar van slegte gebeure in my lewe was hierdie die laaste oorblyfsels wat die duiwel kom vat het, maar hy het my nie gevat nie, en hy het nie my siel gekry nie.”

Kathy het Vrydag omstreeks 23:30 wakker geskrik met vlamme en erge rook om haar.

“My bed het reeds gebrand en my hare ook.

“Die brand is deur ’n kort­sluiting veroorsaak en het blitsvinnig deur die huis versprei.

“Ek het probeer om water te gaan haal, maar ’n vlammehel het rondom my gewoed. Ek het vir my seun, Nathan (12), en my ma, Patricia Blignault (70), geskree hulle moet uit die woonstel agter die huis vlug.

Ek het tot by die voordeur gekruip en ek het uitgeroep dat die Here my moet help

“Die rook was baie dig, ek kon niks sien nie. Ek het tot by die voordeur gekruip en ek het uitgeroep dat die Here my moet help.”

Eers het Nathan en sy ouma gedink dit is beurtkrag, want die ligte het skielik af gegaan. Toe hoor hulle die harde ontploffings en glas wat breek.

“My ouma het gedink dit is katte op die dak, maar toe ek my ma hoor skree, het ek gedink dit is alweer inbrekers. Ek was bang, maar ek het ’n mes gegryp en buitentoe gehardloop. Dit was toe dat ek sien alles brand,” vertel hy.

“Ouma het met haar hande die vensters probeer stukkend slaan, maart dit was verniet."

Ouma het met haar hande die vensters probeer stukkend slaan

Toe Nathan na die voorkant van die huis hardloop, het hy gesien sy ma sit tussen die houtvoordeur en die traliehek vas. Sy kon nie terug in die huis gaan om die sleutels te gaan haal nie, want dit het te erg gebrand.

Nathan Rainbird Webb wys hier hoe hy aan die traliehek geruk het. Foto: Marti Will

“Ek het voor die traliehek gestaan. Ek het geweet dis ’n kwessie van tyd en my ma sou deur die vlamme oorweldig word. Dit het reg agter haar gebrand. Goed het in die kombuis ontplof. Ek was bang.”

Nathan sê dit is toe dat hy die traliehek met albei hande gegryp en na die Here geroep het om hom te help.

Die traliehek was gesluit, maar Nathan Rainbird Webb glo die Here het hom gehelp om dit oop te ruk. Foto: Marti Will

“Ek het die deur hard geruk en dit het oopgemaak. Ek het onmiddellik vir die Here dankie gesê.”

Kathy vertel die gesin is die afgelope twee jaar deur diep waters, en sy is onlangs deur haar werkgewer van 11 jaar afgedank.

“Daar is ook reeds twee keer in hierdie tyd by ons ingebreek. Die boewe was tot binne in die huis gewees, maar kon gelukkig niks steel nie, want die buurman se flinke optrede het hulle verjaag.

“Vrydagaand, nadat die vuur skaars geblus was, het diewe weer toegeslaan en die motorhuis geplunder. Nou het ons alles verloor.”

Kathy sê sy weet die Here het ’n doel voor oë.

Hierdie brand het alles verwoes, my kunswerke, my skeppings

“Hierdie brand het alles verwoes, my kunswerke, my skeppings, maar ek het vrede in my hart. Al my hartseer en pyn van die afgelope twee jaar is nou weggebrand. Nou kan ek nuut begin.”

Mense van oor die Goudveld heen het hul hart oopgemaak en Kathy en Nathan het reeds ’n huis gekry. Haar dogter, Sherley Davies, vra vir skenkings van klere, meubels, breekware en komberse.

Niks het van die Rainbird Webb-gesin se huis in Riebeeckstad oorgebly nie. Die brand het alles verwoes.Foto: Verskaf

“Alles is in die brand verwoes. My boetie is in die Primêre Skool Naudeville en dra klere vir 13- tot 14-jaar. My ma dra ’n M-grootte en my ouma ’n XL-grootte,” sê Davies.

“Ek wil dankie sê vir almal se ondersteuning.

“My ma is deur soveel sleg die afgelope tyd, maar ek glo in my hart dit is die Here se wil dat hulle nou ’n nuwe lewe kan bou.”

Bel Davies by 076-016-6120.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.