Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
gggggggggggg
06 September 2018

Alle paaie lei Saterdag (08/09) na die Phakisa motocross- baan waar ongeveer 200 motocross-ryers van regoor Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe mekaar in die sesde rondte van die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe die stryd gaan aansê .

Daar is taai kompetisie tussen die ryers en met net ’n paar punte verskil tussen die voorste jaers, wat mekaar die stryd gaan aansê, kan groot opwinding verwag word om as Suid-Afrikaanse kampioen gekroon te word.

Vier ryers van Welkom neem ook deel, onder andere ’n pa en sy twee seuns. Jared Tilley (35) gaan in die veterane afdeling ry en sy twee seuns, Blade en Casey Tilley, in die 50cc afdelings.

Nog ’n pa-en-seun kombinasie van Welkom, Lourius en Arno Erasmus, sou ook deelgeneem het. Lourius, het egter sy sleutelbeen ’n paar weke gelede gebreek en daarom sal net klein Arno in die 65cc-afdeling deelneem.

’n Ryer om dop te hou, is Caleb Tennant (nr 444) van Kaapstad, wat verlede jaar in Kalifornië geoefen het vir 2018 se SA-kampioenskappe. Hy is tans die voorloper in die MX1 en MX2-klasse.

Die groot sportgeleentheid, met volle televisiedekking wat op verskeie sportkanale uitgesaai sal word mag nie misgeloop word nie. Dit is inderdaad ’n veer in die hoed van die klub om so ’n groot byeenkoms na die Goudveld te reël.

David Tilley, voorsitter van die klub, sê die baan is in ’n uitstekende toestand met skoon ablusies, lekker kos wat deur die Rotariërs verskaf sal word, daar sal verskeie uitstallers wees en goeie musiek deur die uitsaaidiens van Brian Emmenis en sy span.

“Kom ondersteun die sport en geniet ’n dag saam met die familie en kinders,” moedig Tilley aan.

Oefenrondtes begin om 08:00 en die wedrenne om 10:00. Toegang is R60 vir volwassenes en kinders onder 12 jaar is gratis.

Vir meer inligting, kontak David Tilley by 083-273-9152 of Lourius Erasmus op 079-495-7223 of volg Phakisa Motocross Club op Facebook.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.