Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy se talente ken geen einde nie

Die 8-jarige Dian Erasmus ’n kranige sportman se talente ken geen einde nie. Hy blink uit in atletiek, landloop, tennis, rugby en krieket.

Die jong sportman se veelsydigheid is deur sy skool die Laerskool Riebeeckstad met vele toekennings verlede jaar vereer. Hy spog al vir die afgelope 2 jaar met ’n rits medaljes en trofees

Sommer vroeg in die jaar word hy vir die Noord-Vrystaat atletiekspan gekies en behaal die 8ste plek in die 1200 m by die Vrystaat atletiekbyeenkoms. Dan speel hy ’n barshou op die tennisbaan en word vir die o.10 Vrystaat-tennisspan die jaar gekies.

Verlede jaar is hy vereer vir die beste junior seuns atleet asook vir die atleet wat die beste in sy ouderdomsgroep vir die seisoen gevaar het. Hy is ook gekroon as die beste junior landloopatleet van sy skool en het verlede jaar die Vrystaat landloopspan gehaal. Tydens die Nasionale landloopkampioenskappe verlede jaar het hy die 24ste plek behaal. Op die krieketveld is die mannetjie ook kook water en verlede jaar is hy as beste o.8 speler asook die belowendste o.9 bouler aangewys. Op die tennisbaan word akkurate houe links en regs uitgedeel en besorg hom die titel as beste graad 2 tennisspeler.

Dan moet die ander mannetjies rats wees en laag lê as Dian met die rugbybal begin hardloop. In sy ouderdomsgroep is hy as beste agterspeler in die o.9 groep aangewys en is blitsvinnig op die rugbyveld.

“Dian is gaande oor sport, hy eet, slaap en droom sport. Daar gaan nie ’n dag verby wat hy nie aktief is nie,” sê sy ma Elsdon Erasmus.

Elsdon wat self ’n kranige tennisspeler op haar dae was is ook Dian se tennisafrigter.

Dan is die klein blondekop boonop ’n slimkop en vaar ook uitstekend in sy skoolwerk. Die jongman se toegewydheid en absolute deursettingsvermoë laat hom die vrugte pluk van sy harde werk. Gedurende die inperk tyd oefen hy op ’n trapfiets net op fiks te bly. ’n Veelsydige sportman in murg en been.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.