Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
G’n diens, dog tarief op
Vista briewe

Johan de Lange, Naudéville:

Ek is nie verbaas dat ons niemandsraad die tariewe vir vullisverwydering wil verhoog nie. Dit is skandalig soos hierdie mense, wat daarvoor verantwoordelik is, aangaan.

In die hele April is daar nie dienste in Naudéville gelewer nie. Die swart sakke het net eenvoudig opgehoop, totdat dit darem naderhand verwyder is.

Kom ons kyk die situasie van naderby: Die tariewe moet verhoog word sonder enige dienslewering wat daarmee gepaard gaan.

Met ander woorde ons moet nou nog meer betaal vir ’n diens wat glad nie op tyd gelewer word nie!

Dit moet die nuutste laagtepunt vir die niemandsraad wees.

Van hoogtepunte, behalwe dié van die uiterste vermetelheid, is daar geen teken van nie!

Heeltemal tereg het die DA teen die verhoging gestem. Ek sou dit ook gedoen het.

Is ons burgemeester werklik so oningelig dat hy nie weet van die nie-dienslewering nie? Of is dit maar oudergewoonte ’n geval van dit-gaan-my-nie-aan-nie?

Toe die diens van die swart sakke op sy ergste was, het ek self met die sogenaamde gesondheidsdepartement geskakel om die nodige diens te verkry waarvoor almal van ons in Welkom betaal. Hulle het toe darem so ná ’n week die sakke kom verwyder.

Ek wil graag by ons sogenaamde gesondheidsdepartement weet wie hul toestemming gegee het om vir elke inwoner van Welkom ’n gesondheidsgevaar te skep!

Na die beste van my wete broei daar in sakke wat weke lank op sypaadjies staan, allerhande gesondheidsgevare uit. Ek hoop hulle neem kennis hiervan; klaarblyklik weet hulle dit nie. Of, as hulle dit weet, gee hulle glad nie om nie!

Nee, mnr. Speelman, dit help nie u wil tariewe opjaag vir dienste wat u niemandsraad nie wil, of kan lewer nie. Dit gaan niks help nie. Kry liewer geldelike steun deur die wanbetalers van munisipale rekeninge behoorlik vas te vat.

’n Gepaardgaande probleem is dat elektriese straatkaste deesdae gebruik word om swart asbliksakke op te bêre totdat dit verwyder word. Dit is seker een van die gevaarlikste dinge wat gedoen kan word. As enige vloeistof uit so ’n sak sou lek, en die kas ontplof weens ’n kortsluiting, sal ’n hele straat sonder krag wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.