Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goudvelder in nuwe program op kassie te sien

Lara Badenhorst, ’n bekende gesig in die Goudveld en ’n inwoner van Hennenman, is een van die 48 finaliste in die program Maak my Famous van Emo Adams op Kyk­NET, kanaal 144.

Die program begin vanaand (18/04) om 20:00 op KykNET, en om 21:00 op KykNET en Kie.

Lara is uit sowat 6 000 inskrywings, wat in die program te sien sal wees, as finalis gekies.

In Desember 2018 het haar pa, Richard, besluit om ’n video van Lara waar sy “Quando me’n Vo’ ” tydens haar skool se musiekproduksie sing vir die kompetisie in te skryf.

In Maart 2018 het sy ’n oproep van Emo gekry waarin sy ingelig is dat sy een van die finaliste is wat in die Roxy Revue Bar in die Grand West-casinokompleks by Kaapstad gaan optree en deel gaan wees van die Maak my Famous-program.

Lara, nou in gr. 11, is sedert 2018 ’n leerling aan Potchefstroom-Gimnasium. Sy is verbonde aan die Noordwes-Universiteit- (NWU) konservatorium, waar sy haar sang­opleiding onder leiding van Antoinette Olivier ontvang.

Lara was in 2018 die wenner van die Konservatoriumbeurs vir die beste konservatorium-student en het op die NWU-beurs­wennerskonsert die liedI could have Danced all Night” gesing.

Sy het ook in 2018 op 16-jarige ouderdom saam met die NWU-koor opgetree ten tyde van sy Musical Nostalgia-konsert en selfs ook ’n solo gesing.

Lara kan gevolg word op:

  • Facebook @LaraBadenhorst;
  • Twitter @LaraBadenhorst2; en
  • Instagram @lara_­badenhorst_;

Kykers kan die program volg op Instagram (@maakmyfamoussa), Twitter (@MaakMyFamous) en Facebook (@MaakMyFamousSA).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.