Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Griffon skitter in span

Die Griffons se kookwaterrugbyspeler, Selwyn Davids (22), maak naam in Sewes-geledere in Kaapstad.

Hy was een van die uitblinkers van die Suid-Afrikaanse (SA) Akademie se Sewesspan wat in Dubai deelgeneem het.

Die SA Akademiespan het in die eindstryd teen sy eweknie van Engeland die knie gebuig.

Marius Schoeman, bestuurder van die SA Akademiespan, sê Selwyn is op die Sewestoernooi, wat in Nelspruit gehou is, raakgesien.

Sover bekend is Selwyn die eerste Griffon wat die SA Akademie se Sewesspan gehaal het.

Die akademiespelers oefen tans saam met die Blitsbokke.

Die SA Akademiespan gaan volgende jaar onder meer aan toernooie in Australië, Italië en Duitsland deelneem.

Selwyn sal sowat ses maande in die Kaap wees, voordat hy hom weer in Welkom by die Griffons sal aansluit.

Selwyn is onlangs, saam met ­George Whitehead, as die Griffons se speler van die jaar aangewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.