Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Griffons knoop die Luiperds se sterte

Die Luiperds het Saterdag (03/08) lelik in die stof gebyt toe die Griffons soos vuurvreters met ’n eindtelling van 47 – 28 geseëvier het.

Die perstruie se agterspelers was kookwater en het vyf drieë gedruk en vlugvoetige deur die opponente gehardloop. Daarby het die Griffons se voorspelers hulle goed van hul taak gekwyt.

Die Perses se skrumskakel, Ethan Williams, het twee drieë gedruk met die vleuels, Allister Mumba en Duncan van Vuuren, elkeen een.

Saterdag (10/08) sal die Griffons teen Grens in die HT Pelatona stadion in Welkom te staan kom. Die wedstryd sal om 15:00 afskop. Die Griffons is nou derde op die leer met die Valke in die tweede plek en die Argentyne heel bo aan die leer in die Curriebeker se eerste divisie.

Puntemakers:

  • Griffons – drieë: Ethan Williams (2), Duncan van Vuuren, Allister Zmumba, Domenic Smit, Chadley Wenn. Doelskoppe: Danrich Visagie (4). Strafdoele: Visagie (3).
  • Luiperds – drieë: Keagan Tait, Nkululeko Mcuma, Tjaart Benadé, Lungelo Gosa.

Doelskoppe: Chuiner van Rooyen (4).

Die Goudveld-gemeenskap word ook uitgenooi om die o.7-Blitsrugby wat Saterdag om 09:00 in die stadion afskop, te ondersteun. Die Griffons se o.20-rugbyspan sal teen Griekwas om 13:00 uitdraf.

Toegang is gratis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.