Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haglike toestand bekommer
Haaglike toestande

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

My brief verwys na die haglike toestande in Vryburg wat Sondag (14/04) op kykNET en eNuus uitgelig is. Dit is kommerwekkend en bitter hartseer.

Ons in die Goudveld het self groot probleme. Op die pad tussen Thabong en Virginia dam riool al maande lank op.

Alge groei op die stilstaande water en is besig om die stilstaande water te oorweldig en dit is dodelik gevaarlik. Beeste, hawelose honde en selfs bokke wei in die riool rond en drink die vrot water.

Kindertjies speel in die water en inwoners wat naby die gemors bly is al maande lank aan die stank blootgestel.

daar is selfs inwoners wat teen hierdie gemors bly en vir maande al is hulle longe blootgestel aan die vieslike stank. Dit is ’n onhigiëniese en gevaarlike situasie.

Matjhabeng se bestuur, die burgemeester en die premier van die Vrystaat sal moet ingryp om ’n grootskaalse epidemie te voorkom.

Infeksie en besmetlike siektes is ’n groot moontlikheid. Waar is die gesondheidsinspekteurs?

Ek het hierdie probleem al verskeie kere by die burgemeester aangemeld.

Van Ace Magashule se beloftes het net mooi niks gekom nie. Hy het die Vrystaat as premier verlaat en al sy probleme en mislukkings net so aan die nuwe premier – wat ook nie veel doen nie – oorgedra.

Ons Goudvelders is keelvol vir hierdie onaanvaarbare situasie. Ek vrees vir die dag wanneer gemoedere handuit gaan ruk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.