Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Harde werk lei tot sukses

Die jong en energieke Kian Kirsten (16) is nie net ’n kranige swemmer nie, maar ook ’n baie veelsydige sportman wat verskeie sportsoorte beoefen.

Dié veelsydige gr. 10-leerling aan die Goudveld-Hoërskool leef sy passie vir sport ten volle uit en geniet elke oomblik daarvan.

“Kian was van kleins af baie lief vir water en het al op vyf jaar begin swem,” sê sy ma, Denise Kirsten.

Tans word hy deur Christo Jansen van die Welkom Aquatics-swemklub afgerig en hy oefen vier keer per week vir twee ure aaneen.

Voor groot kompetisies, soos provinsiale gala’s of nasionale byeenkomste, oefen hy selfs twee keer per dag.

Die jong man oefen regdeur die jaar en neem gewoonlik op Saterdae aan kompetisies deel om sy persoonlike tye te verbeter.

Toe Kian tien jaar oud was, het hy reeds vir vlak 1-swem kwalifiseer en op 11-jarige ouderdom, vir vlak 3.

Hy het van 2016 tot 2019 vir die nasionale junior swemkampioenskap kwalifiseer.

Die afgelope vier jaar is Kian in die Vrystaat-klub-swemspan, asook in die Vrystaat-skole-swemspan ingesluit.

Buiten dat Kian soos ’n vis in die water is, is sy ander groot voorliefdes tweekamp, atletiek en rugby.

Vanjaar is hy weer in die Noord-Vrystaat se tweekampspan ingesluit.

As deel van dié span het hy in Maart aan die nasionale tweekampbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem.

Gedurende 2013, 2015, 2018 en 2019 was hy in die Noord-Vrystaatse tweekampspan ingesluit en het op nasionale vlak deelgeneem.

In atletiek het hy die Goudveld-Hoërskool by die Lejweleputswa-atletiekbyeenkoms verteenwoordig.

Boonop is Kian ook op die rugbyveld bedrywig en hy draf tans vir sy skool se o.16A-rugbyspan uit.

Gedurende 2016 het Kian sy Griffons-kleure verwerf toe hy in die o.13- VKB-rugbyspan ingesluit is.

In 2018 het hy vir die o.15- Rhino-rugbyspan uitgedraf.

“Ek het nog altyd ’n groot liefde vir sport gehad en ek geniet ook die uitdagings wat die verskillende sportsoorte aan my bied.

“Sportmangees, my spanmaats in rugby en al die nuwe vriende wat ek ontmoet, is wat sport vir my so lekker maak,” sê Kian.

Kian het al op vyf jaar begin swem en was van kleins af baie lief vir die water. – Denise Kirsten

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.