Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Harrebaard-ooms kom kuier in Welkom

Harrebaard, die rockgroep wat bestaan uit Pierre van Pletzen, Frank Opperman, Anton L’Amour en Leon Ecroignard, se werklikheidsreeks, Die ooms se band, gaan weer binnekort op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai word.

Harrebaard kuier op Saterdag 19 Mei kuier en Viaby Die Melkkan buite Welkom om ’n deel van dié gewilde program op te neem.

Die vertoning word deur kykNET opgeneem en word dan op 19 Julie op Via uitgesaai.

Kebenza Craft Beer gaan ’n mobiele kroeg oprig en kos sal ook te koop aangebied word.

Volgens Wilmien Pieterse, eienaar van Die Melkkan, sê gaste moet hul eie stoele saambring.

"Hierdie is iets groots vir Welkom en die Goudveld, en Goudvelders moet dit kom ondersteun."

Pierre van Pletzen speel oubaas Septimus van Zyl in die televisie sepie 7de Laan. Frank Opperman – van Orkney Snork Nie faam, is die sanger in die groep.

Plaaslike kunstenaars Pieter van Rooyen en Daniel Wayde sal van 16:00 tot 17:00 optree.

Die groot vertoning en televisie-opname begin om 17:00.

“Dit beloof om ’n lekker kuiermiddag saam met die sterre te wees,” sê Pieterse.

Kaartjies kos R130 elk, maar kinders jonger as tien kry gratis toegang.

Bel Pieterse by 084-517-4699 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.