Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help maak ’n kinderhart bly
  • Die ses kamers  het dringend opknapping en vars verf nodig
  • Daar is ook een baba
  • 12 kinders woon hier
Twaalf klein kinders word tans by die Welkom-jeugsorgsentrum gehuisves.Foto: Verskaf

Die ses kamers by die Welkom-jeugsorgsentrum het dringend ’n opknapping en vars verf nodig om dit ’n huislike atmosfeer te gee.

Daar is tans 12 kinders wat hier woon.

Ons kinders presteer akademies baie goed en is baie betrokke by sport en kultuur

“Ons wil baie graag die kinders se kamers uitverf en vir hulle nuwe beddegoed aanskaf, daarom neem ons die vrymoedigheid om die publiek vir skenkings of betrokkenheid by die projek te nader. Watter kindjie se gesiggie sal nie straal van blydskap vir ’n vrolike kindervriendelike kamer nie,” sê Marietjie Benade, kinderversorger by die sentrum.

Benade is die sentrum se nuwe huismamma.

Sy het einde 2019 hier aangesluit en is ’n geregistreerde kinderversorger.

Benade is tans besig met haar opleiding as kinderversorger by Negemadi.

Daar is vier laerskoolseuns en een voorskoolse seuntjie by dié sentrum, asook vier laerskoolmeisies en twee voorskoolse meisies.

Daar is ook een baba.

“Ons kinders presteer akademies baie goed en is baie betrokke by sport en kultuur. Hulle speel graag buite en daarom sal dit vir hulle baie lekker wees om fietse te kry waarmee hulle op die groot perseel by die sentrum kan rondry. Miskien is daar ’n gebruikte fiets of twee ’n motorhuis.

“Die inperking is lank en die kinders raak verveeld, ons sal speelgoed en balle waarmee hulle hulself kan besig hou, ook waardeer,” sê Benade.

Weldoeners wat graag met verf, beddegoed kan help of self aan die opknappingprojek wil deelneem, kan vir Benade of Hanine Swart (kinderkomitee) kontak. Skenkings van klere vir die kinders en ook speelgoed kan by die sentrum afgegee word.

Skakel Benade by 066-482-6917 of Swart by 083-301-8311.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.