Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Help ons, asseblief’

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Wat ’n morsige prentjie verwelkom my toe ek die hoofposkantoor in Welkom besoek.

Papiere, vrugteskille, plastiek- en glasbottels lê oral rond. Jy val omtrent oor die vullis as jy by die poskantoor instap.

Jy kan skaars by die poskantoor instap, want jy val omtrent oor die vullis. Ek kon my oë nie glo nie.

Welkom het in ’n morsige vullishoop ontaard, en dit gaan maande – selfs jare – neem om die eens pragtige stad weer netjies en aanvaarbaar te maak.

Tog wil dit voorkom asof die Matjhabeng-munisipaliteit vrede het met die stand van sake.

Daar is geen toesig nie. Elke werker doen maar net waarvoor hy die dag lus is.

Ek skaam my morsdood vir die Goudveld se verval.

Meneer Speelman, asseblief, doen iets omtrent hierdie probleme.

Het u al in Mcleanstraat in Riebeeckstad gery en gaan kyk hoe die slaggate elke dag groter en groter word?

Dit is ’n hoofpad en die verkeer is baie besig.

Asseblief. Luister na ons en snel ons te hulp.

Ons as gemeenskap is bereid om hande te vat en saam te staan om van ons woongebiede beter plekke te maak.

Tog is ons sonder u hulp ver­lore. Ons maak staat op u optrede.

Ek glo en vertrou dat u vinnig gaan reageer en vir die inwoners van die Goudveld sal bewys dat u ’n man van integriteit en goeie waardes is.

Dat u ook – net soos ons – graag wil sien dat die Goudveld reggeruk word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.