Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Honderde durf yskoue aan

Saterdag (23/06) het die 23ste Ysbeerswem plaasgevind en 443 swemmers het klokslag om 12:00 die Sandrivier se ysige 9 °C-water aangedurf.

Swemmers van 10 tot 65 jaar oud was braaf genoeg om die 30 m deur die rivier te swem.

Honderde toeskouers het die swemmers luidkeels aangemoedig en toegejuig.

Soos elke jaar was skeppende en helderkleurige uitrustings aan die orde van die dag.

Die jaar was die Minions met hul uitrustings die algehele wenners, met die Rastas kort op hul hakke.

Die baardkompetisie was ’n eerste en ’n groot sukses. Dié kompetisie het R1 000 ingesamel.

Die 4x4-kompetisie was soos voorheen uitstekend georganiseer en ondersteun.

Daar is vanjaar selfs ’n opwindende nagrit by die Bloekomdraai gehou.

Nagenoeg R13 000 is met toegangsgeld ingesamel, wat deur Engo in die omgewing vir hul projekte aangewend sal word.

Ongeveer R7 000 is deur kosverkope en skenkings ingesamel.

Die teiken van R20 000 is dus behaal en die organiseerders is dankbaar vir elke een wat tot die dag se sukses bygedra het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.