Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hondevrou van vervolging kwytgeskeld

Haar hart breek oor haar honde wat onnodig van kant gemaak is, sê die eienaar van ’n dierewelsynsorganisasie in Odendaalsrus in die Vrystaat.

Die DBV het in Julie verlede jaar op ongeveer 100 honde en ’n mak vark van Carolina Sorrentino beslag gelê.

Thea Smit, ’n komiteelid van die Nasionale Diere­beskermingsvereniging (NDBV), het ná die beslaglegging gesê die diere was verwaarloos en dat Sorrentino van wreedheid teenoor diere aangekla sou word.

Nadat Sorrentino en Walter du Toit, haar prokureur, vertoë gerig het, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) egter besluit om haar nie te vervolg nie.

Talle getuigskrifte van plaaslike inwoners en foto’s van die honde het deel gevorm van die vertoë.

Sorrentino is in Februarie deur die NVG ingelig dat haar vertoë suksesvol was.

Smit sê die DBV is oor die NVG se besluit ingelig en het versoek dat redes vir die besluit verskaf word.

“Die DBV wil nie kommentaar lewer voordat ons oor die redes ingelig is en moontlike verdere regstappe oorweeg het nie.”

Sorrentino het steeds vrae oor haar diere wat kwaad­willig van haar af weggeneem is en waarvan baie uitgesit is.

“Ek wil ook weet wat gebeur nou met my diere wat nog leef, soos Aiden die mak vark, wat blykbaar by die DBV in Welkom is.”

Sorrentino het in haar vertoë gesê die DBV het nie ’n tak in Odendaalsrus nie en die hele dorp en township steun op haar vir diere­welsyn. Sy sê sy het nou geen honde by haar huis nie, maar versorg daagliks ’n groep straatkatte by ’n supermark en skenk ook hondekos aan armes sodat die diere nie honger ly nie.

Sorrentino sê sy het jonger, gesonde honde laat steriliseer, maar omdat sy nie ten gunste daarvan is dat diere van kant gemaak word nie, het sy die ouer diere self gehou.

“Ek ly vandag aan posttraumatiese stres en sal nooit die gesig uit my kop kry van my angsbevange honde wat in voertuie gelaai word nie,” sê Sorrentino.

Sy oorweeg regstappe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.