Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ID-boek ná agt jaar gevind

’n ID-boekie wat agt jaar gelede gesteel is, het tot ’n grootskaalse soektog na Madli Grobbelaar, ’n verslaggewer van Vista in Welkom, gelei.

Nie minder nie as drie ridders op wit perde het gereed gestaan om die “vermiste” verslaggewer op te spoor en te red.

Dié drie, kapt. Barry Steenkamp van Vanderbijlpark, Surender Kumar van Sandton en André Snyman van eBlockwatch, het Grobbelaar se foto op Facebook gesirkuleer omdat hulle bekommerd was oor haar veiligheid.

Die verlore ID-boekie en die verslaggewer is intussen met mekaar verenig en Grobbelaar sê sy waardeer almal se kommer oor haar veiligheid.

Kumar was op 19 April van Kaapstad op pad na Johannesburg toe hy sy bene langs die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat gerek het en iets in die gras gesien het.

Kumar het ’n ID-boekie, wat aan Grobbelaar behoort, opgetel en was onmiddellik bekommerd dat sy ontvoer of gekaap is. Kumar het Snyman, wat in Paternoster was, gebel en Snyman het Grobbelaar se selfoonnommer deur die kredietburo opgespoor.

Grobbelaar het kuiergaste vir die langnaweek gehad en sê sy was nie juis lus om haar selfoon te antwoord toe ’n paar onbekende mense haar gebel het nie.

Grobbelaar sê sy het later haar foon geantwoord toe dit weer gelui het en het met Steenkamp gepraat.

Hy het aan haar gesê dat haar ID-boekie opgetel is en dat hulle bang was dat sy ontvoer is, maar het vermoed dat haar ID-boekie ook gebruik kon word om bedrog mee te pleeg.

Sy het ook intussen ’n foto per WhatsApp van haar gesteelde ID-boekie gekry en kon nie verstaan waarom dit nou ná al die jare te voorskyn gekom het nie.

“Ek was in die begin maar skepties oor die storie en het ook nie daarvan gehou dat hulle my selnommer so maklik in die hande gekry het nie,” sê Grobbelaar.

“Ek is ongelooflik dankbaar en kan dit steeds nie glo dat my ID-boekie ná agt jaar opgespoor is nie.”

Kumar het die ID-boekie, wat nog in ’n baie goeie toestand is, per koerier aan haar gestuur.

Grobbelaar sê die ID-boekie is saam met haar beursie in 2011 uit ’n voertuig in Bloemfontein gesteel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.