Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is daar ’n plan?

Antoinette Schoeman, Welkom:

Wat ’n vieslike vrot spul. Wat is Matjhabeng se bestuur, en die burgemeester en die premier van die Vrystaat, se plan om die rou riool wat op die Welkom-pad na Virginia vloei, stop te sit?

Hierdie riool is een groot probleem en hou ’n geweldige gesondheidsrisiko in.

Klein kindertjies speel daarin, en beeste, skape en honger honde is gedurig in die vrot spul. Die reuk is oneindig sleg.

Ek is so jammer vir die mense wie se huise teen hierdie gemors is.

Die zama-zamas was hul klere in hierdie gemors en is 24/7 by verskillende plekke besig. Hulle floreer onder ’n bruggie, op pad Thabong toe.

Die jaar lê op sy rug en steeds het die vorige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, nie een van sy beloftes nagekom nie.

Is daar nog gesondheidsinspekteurs? Ek sal baie graag wil weet. Ek twyfel.

Hulle kry sekerlik nog salarisse en floreer by die huis.

Namens die gemeenskap wil ek graag weet wat die nuwe premier doen om besmetlike siektes, wat vinnig besig is om in die gebied te versprei, te bekamp?

Meneer Speelman, wat is jou modus operandi?

Hoekom moet ons belastinggeld op salarisse vermors word? Ons vereis, as belastingbetalers, goeie diens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.