Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaguares se byt te erg

Die Curriebeker se eerstedivisiestryd Saterdag tussen die Griffons en die Jaguares in die HT Pelatona-stadion was taai en gelykop, maar die besoekers het uiteindelik met 50 – 43 geseëvier.

Die Perstruie het Saterdag nie ’n tree teruggestaan nie, maar hul foute het hulle duur te staan gekom.

Dit was die Jaguares wat in die laaste oomblikke met ’n skop as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Die Jaguares het sewe drieë teenoor die Griffons se ses gedruk.

Die Perses se Arthur Williams het hom uitstekend van sy taak gekwyt en Duan Pretorius, Griffon-kaptein, is as die man van die wedstryd aangewys.

  • Puntemakers:

Griffons – drieë: Domenic Smit (2), Ethan Williams, Nkhosikhona Nofuma, Arthur Williams en Cody Basson. Doelskoppe: Jaywinn Juries (3), Dominic Smit en Robbie Petzer. Strafdoel: Jaywinn Juries.

  • Die Griffons se president-suite by die HT Pelatona-stadion is deur CC Chicken van Kroonstad opgeknap. Die onderneming se logo is ook op spelers se oefenbroeke aangebring. “Ons is baie dankbaar vir die gebaar,” het Eugene van Wyk, die uitvoerende hoof van die Griffons, gesê.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.