Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong sportman beïndruk

Die agtjarige Dian Erasmus, ’n kranige sportman, se talente ken geen einde nie.

Hy blink uit in atletiek, landloop, tennis, rugby en krieket.

Die jong sportman se veelsydigheid is deur sy skool,die Laerskool Riebeeckstad,met vele toekennings verlede jaar vereer.

Hy spog al vir die afgelope twee jaar met ’n rits medaljes en trofeë.

Dian is sommer vroeg in die jaar vir die Noord-Vrystaatse atletiekspan gekies en was agtste in die 1 200 m-nommer op die Vrystaat-atletiekbyeenkoms.

Verder is hy ook in die jaar vir die o.10 Vrystaat-tennisspan gekies.

Hy is verlede jaar vereer as die beste junior seunsatleet, asook die atleet wat die beste in sy ouderdomsgroep vir die seisoen gevaar het.

Hy is ook gekroon as die beste junior landloopatleet van sy skool en het verlede jaar die Vrystaat-landloopspan gehaal.

Tydens die nasionale landloopkampioenskappe verlede jaar, was hy 24ste.

Op die krieketveld is dié jongman ook kookwater.

Hy is verlede jaar as die beste o.8-speler asook die belowendste o.9-bouler aangewys.

Op die tennisbaan word akkurate houe links en regs geslaan.

Hy behaal die titel as beste gr. 2-tennisspeler.

Verder moet die ander rugbyspelertjies rats wees en laag lê as Dian begin hardloop.

In sy ouderdomsgroep is hy as beste agterspeler in die o.9-groep aangewys. Hy is blitsvinnig op die rugbyveld.

“Dian is gaande oor sport. Hy eet, slaap en droom sport. Daar gaan nie ’n dag verby wat hy nie aktief is nie,” sê sy ma, Elsdon Erasmus.

Elsdon wat self ’n kranige tennisspeler op haar dae was, is ook Dian se tennisafrigter.

Die klein blondekop is boonop ook ’n slimkop en vaar uitstekend in sy skoolwerk.

Die jongman se toegewydheid en absolute deursettingsvermoë laat hom die vrugte pluk van sy harde werk.

Gedurende die inperktyd oefen hy op ’n oefenfiets om fiks te bly.

’n Veelsydige sportman in murg en been.

Dian is gaande oor sport. Hy eet, slaap en droom sport. Daar gaan nie ’n dag verby wat hy nie aktief is nie.

- Elsdon Erasmus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.