Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub neem markgangers op wêreldreis

Die Klassiekemotorklub van die Goudveld het besoekers Saterdag (14/03) op die Matjhabeng-publisiteitsvereniging se vlooimark op ’n denkbeeldige toer deur sewe lande van die wêreld geneem.

Daar was motors, kos, vlaggies en mense in allerlei interessante kostuums geklee by die verskeie stalletjies, wat deel was van dié reis.

Een van die uitstallers was Willem Colloty, ’n bekende in motorversamelaarskringe.

In 2018 het hy en sy twee kleinseuns, Brendon Fourie (toe vyf jaar oud) en Willem Colloty Jr. , (toe 11 jaar oud) gehelp om ’n enjin, Farmer’s Pride, te restoureer.

Hulle het dié enjin vir die Engen-enjinrestourasie-uitdaging ingeskryf.

Die seuns het ’n vyfde plek nasionaal behaal.

Vanjaar restoureer die twee ’n Fowler-enjin vir die 2020-weergawe van die uitdaging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.