Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kommentaar oor brand ontstel

Sherley Davis, dogter van Kathy Rainbird Webb:

Ek sit en lees die berig van my ma se huis wat gebrand het op News24.

Die aanmerkings van sommige mense stel my verskriklik teleur.

Die ongeloof dat Nathan die hek kon oopruk. Die aaklige sarkastiese goed wat mense kan kwytraak.

Vista Letters
Vista Letters

Vanaand wil ek sê: Geagte Meneer en Mevrou, dit is skandelik dat jou geloof só min is dat jy nie die krag van God kan verstaan nie. Dis skandelik dat jy boonop ’n grap van die situasie maak, ’n grap van God. My God.

Woorde soos: “As hy so almagtig is, hoekom blus hy nie die vure nie?”

My liewe mens, ek glo nie jy verstaan die hartseer en verdriet wat in daardie huis (nou ’n hoop as) was nie.

Die hartseer wat daar plaasgevind het. Hoe sê mense? Elke huis het sy kruis. Wel, ken jy die kruis van dié huis?

Ken jy hulle hartseer en pyn? Weet jy hoe hulle moet voel om sonder ’n draad klere of selfs ’n klein plastiekkoppie te sit?

Nee!

Die dag gaan kom dat jy die Here wil aanroep en dan, wat dan? Dan is Hy ewe skielik goed genoeg vir jou? Nee my vriend, geloof werk nie so nie.

Hierdie is die lewe waarvan ons praat. Nie ’n bespotting of “sirkus-show” nie.

Ek kon my moeder verloor het in daardie brand. Sy is al wat ek het.

Die Here het groot planne met hulle, dit kan ek jou belowe.

Vir jou is dit ’n grap, vir my is dit die vrees om my moeder te verloor. Die vrou wat my en Nathan gebaar het.

Ek sê jou sommer reguit, Nathan het beslis die hek oopgeruk – en ja, adrenalien pomp, maar die Here het hul lewe gespaar, nie adrenalien nie.

Hulle sal opstaan uit niks en weer op hul voete staan, want hulle het geloof.

My liewe vriend, ek wens jy kan die teenwoordigheid en krag van die Here eendag ervaar, maar pasop wat jy sê, want jou tong is skerper as ’n swaard en op dié stadium verbreek ek enige negatiewe aan­merkings oor my moeder en broer in die naam van Jesus Christus. Mag jy ’n vredevolle lewe hê.

My moeder dra grimering, want dit is hoe goed die gemeenskap vir haar was. Die klere wat sy en Nathan aanhet, is skenkings van mense met ’n goeie hart.

Nooit in my lewe sal ek genoeg dankie kan sê vir die skenkings, omgee en ondersteuning nie.

Ek het nuwe hoop in die mensdom en ons gemeenskap gekry. Dit is fantasties om te sien hoe die lede van ’n hegte Christelike gemeenskap mekaar kan bystaan.

Ek glo dat elke skenking gegee is omdat die Here met die mense se hart gewerk het.

Ek dink my moeder verdien net die beste.

My wense vir my liefste moeder en broer is dat hulle sal opstaan uit die as en ’n nuwe lewe sal bou, die lewe wat hulle verdien.

My wense is dat alles waaraan hulle nou raak, in ’n sukses sal verander en dat hul liefde en vrede in hul hart sal dra, en dat al hul hartseer saam met daardie huis verbrand het.

Ek hoop dat elkeen eendag die voorreg sal hê om God se teenwoordigheid te ervaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.