Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Konsert ’n klankontploffing

Nataniël voer vanaand (14/03) sy eenmanvertoning Four Loud People om 19:30 in die Ernest Oppenheimer-skouburg in Welkom op.

Kaartjies kos R220.

Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek – pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen.

Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

Vanaand deel Nataniël die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).

Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw ontwerp.

Die vertoning is 90 minute, met geen pouse.

Kinders onder 15 word nie by die vertoning toegelaat nie.

Four Loud People vorm deel van Optog!, die nasionale konserttoer van Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat in 2019 oral in Suid-Afrika en tot in Namibië toer.

“In 2019 ry ons na die uithoeke van ons mooie land én maak selfs ’n wilde draai in Namibië.

“Ons bussies word volgepak met ’n feestelike verskeidenheid van die beste musiek- en teatervermaak.

“Elke konsert is ’n kleurvolle ervaring en ’n verbeeldingryke viering van alles wat mooi is – eintlik sommer net ‘n viering van die lewe.

“En so tussen my en jou, daar is ook ’n paar heerlike verrassings op pad.

“Een ding is vir seker, ons laai iets vir almal in,” sê Nataniël oor Optog!.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.