Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns laat haar lééf

Skilder is sielskos, glo Nicoleen Hugo (40), wat die afgelope nege jaar al ontspanning en uitdrukkingsvermoë in skilder as stokperdjie vind.

“Ek was vas oortuig ek sal nooit eens ’n stokkie-mannetjie kon teken nie, totdat my pad met dié van Stephan van Heerden gekruis het,” sê Hugo.

By hom het sy haar basiese kuns- en skilderopleiding ontvang, en haar passie vir skilder het dadelik vlam­gevat. Sy het al verskeie verftegnieke en fynere kunsies bemeester.

Sy werk graag in olieverf en eks­perimenteer ook met verskillende style.

Hugo glo haar styl verander namate sy groei. Tans is haar werk baie feestelik en kleurvol.

Rooi is oorheersend in haar werk te bespeur, en is ook haar gunsteling-kleur.

Sy reken om blomme op die doek te verewig gee haar ongekende genot, hoewel sy op aanvraag enigiets skilder.

“Harde en intense musiek in die agtergrond is ’n moet, dit laat die verfkwas oor die esel sweef,” sê sy.

Groot muurskilderye is sonder twyfel haar gunsteling en sy skilder glad nie op klein skaal nie.

“Ek vergeet van al my daaglikse kwellinge sodra ek die verfkwas vashou, dis absoluut terapeuties.”

Sy glo ook dit is haar tyd om kop skoon te maak en die wêreld tot stilstand te dwing, en beskou dit as ongelooflik belangrik in die dolle gejaagdheid van die lewe.

Benewens skilder, bedryf Hugo haar eie skoonheidsalon, Trendy Nail Art. Sy is ’n gekwalifiseerde naeltegnikus wat voortdurend met die nuutste neigings bybly.

Sy kan ook grimeer en het meestersklasse in dié kuns voltooi.

Skilderkuns is vir hierdie sakevrou nou ’n ernstige tydverdryf wat werk en pret kombineer.

Sy het wel al twee uitstallings gehou, maar sy skilder nou slegs op bestelling.

Haar motto is dat kuns die brein lewendig hou, en ’n mens vanuit ’n ander oogpunt na alles in die lewe laat kyk. Sy glo ook dat almal op ’n manier kunssinnig is – dit moet net ontdek en ontwikkel word.

) Hugo se Vrouemaand-boodskap is: “Lig op jou kop my skat, jy is baie meer werd as wat jy dink. Onthou, om vrou te wees is ’n voorreg, omarm dit en geniet dit terdeë.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.